Gallery
MOTOR NUUS - Geselligheid op note - Lexus het verlede Donderdag 6 September, hul klante en belangstellendes bederf met 'n jenewer-proe, versnaperinge en klassieke vioolspel. Selfs die koue wat ooglopend op pad was, het die aand se geesdrif nie gedemp nie.
Genooides is deur Mark Jones, handelaarhoof van Lexus George, verwelkom en daarna het Luigi Marucchi van Six Dogs Gin Distillery, meer vertel oor die oorsprong van hul eiesoortige jenewer en waar die interessante naam vandaan kom. 'n Blou jenewer en 'n Karoo-geur kon geproe word.
Six Dogs se naam is te danke aan die buiteskuur waaruit ses honde moes trek toe die jenewer-distillering in alle erns begin het.
Sowat sestig gaste het lekker saamgekuier en menings oor hul voorkeur gedeel, terwyl almal ook 'n deskundige ogie oor die Lexus-voertuie gegooi het.
Goeie nuus van die fabrikaat is dat nog meer status-modelle van Lexus gaan volg - en sommige sommer binnekort.
Eric Mtjhobile en Grace Sibengile. Eric was die gelukkig wenner van die prystrekking - 'n geskenkpak van Six Dogs Distellery.
Vir meer inligting, kontak Jacques by 044 802 8200 of 082 956 7767 of ondervind self hul hartlike verwelkoming en 'n koppie koffie by die vertoonkamer langs Knysnaweg.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'