MOTOR NUUS - Op 29 en 30 Junie is die jaarlikse ‘Hotrod Tour’ in die SWD aangebied. Vrydagaand was die aksie op die George-renbaan en Saterdagaand op Oudtshoorn-renbaan. Dit was die jaarlikse besoek van die hitsmotors uit klubs buite die SWD om die beste plaaslike jaers in dié gewilde klas te kom takel in 'n uitdaag oor die twee aande.
Nagenoeg 60 motors het in sewe verskillende klasse ingeskryf en heelwat toeskouers het die koue - en selfs die rugby - trotseer en die wedrenne by te woon. Die naweek is op Oudtshoorn afgesluit met 'n prysuitdeling wat in Brian's Grill plaasgevind het.
Sommer vroeg het die aksie losgebars tydens die George-been. In die Cross Cart-klas het die gunsteling, Anthony Oudtshoorn, en dié van sy seun Waldo Oudtshoorn, se motors aan mekaar geraak in die eerste uitdun. Anthony se motor het deur die lug gevlieg en gerol. Hy is hospitaal toe geneem vir waarneming. Waldo het ongelukkig ribbeserings opgedoen. Autodealer wens vir Waldo 'n spoedige herstel toe en hoop dat twee Carts gou weer op die baan sal wees.
Die Cross Carts het daarna nie aan die Oudtshoorn-been deelgeneem nie.
Die Ontwikkelingsklas is gewen deur Kaapstad se Chris Etzebeth met sy vinnige VW Golf. Die Golfie het feitlik die hele naweek die klas oorheers. Werner Heunis was tweede en Ivan Pitol was derde, almal in VW Golfs.
Die 1660-Klas het ook hope aksie opgelewer, met lekker wedrenne tussen JP du Plessis in sy pa se Nissan EXA en Juan van Rensburg met sy VW Polo. Vrydagaand is gewen deur Wayne Skinner met sy VW Golf en Saterdagaand was dit JP du Plessis, met ook 'n algehele oorwinning vir naweek.
Die 2.1 klas was algeheel gewen deur Christopher Burisch met sy vinnige Beams Opel Corsa. Tweede was Burger van der Westhuizen, ook in 'n Beams Opel Corsa. Die derde plek was ingeneem deur Alistair Simpson, in 'n Nissan-aangedrewe Opel Corsa.
Die Heavy Metal-klas is gewen deur William Steyn met sy pragtige BMW. Die tweede plek algeheel was ingeneem deur Anton Pretorius met sy bekende en getroue Nissan aangedrewe Ford Sierra. In die derde plek was Corné Oosthuizen met sy vinnige BMW.
Die V8-klas het ook vir heelwat opwinding gesorg met Bennie Greyling wat wéér met 'n splinternuwe motor opgedaag het wat hyself gebou het. Greyling het gevlieg n die uitdunne, maar moes in die Vrydagaand se finaal die aftog blaas nadat sy motor se waterpyp losgekom het. Greyling het egter die finaal op Oudtshoorn gewen.
Die oorwinning in George het gegaan aan die skouspelagtige Lodewyk Lotz met sy Chev Flexi.
Die hitstjorre waaroor die twee byeenkomste eintlik gegaan het, is algeheel gewen deur Tyron Els met sy vinnige rotoraangedrewe Ford Fiesta, tweede was George se Shawn Potgieter met 'n pragtige VW Scirocco en derde was Raniel Koegelenberg.
Die volgende byeenkoms is die grote vir die SWD. Dit is die jaarlikse Klein Karoo Kampioenskap in Oudtshoorn op 14 Julie. Lees gerus volgende week wie almal kom deelneem: en hoe lank jy voor die hek gaan kamp en slaap...
UITSLAE:
A. Vrydagaand, George
Ontwikkelingsklas
1. Chris Etzebeth - VW Golf;
2. Werner Heunis - VW Golf;
3. Ivan Pitol - VW Golf
1660-Klas
1. Wayne Skinner - VW Golf;
2. Corné Greeff -Ford Escort;
3. Vicky Meyer VW Golf
2.1-Klas
1. Christopher Burisch - Opel Corsa;
2. Burger van der Westhuizen -Opel Corsa;
3. Alistair Simpson - Opel Corsa
Hitsmotorklas
1. Shaun Potgieter - VW Scirocco;
2. Raniel Koegelenberg - Ford Fiesta;
3. Dylan Nel Opel Corsa
Heavy Metal-klas:
1. Anton Pretorius - Ford Sierra;
2. William Steyn - BMW;
3. Corné Oosthuizen BMW
Gemodifiseerde V8-Klas
1. Lodewyk Lotz Chev Flexi;
2. Corné Martin - Chev Flexi;
3. Marius Combrink - Lexus Flexi
Cross Carts
1. Leon Hansen;
2. Nel Vosloo;
3. Juan Hansen
B. Saterdagaand, Oudtshoorn
Ontwikkelingsklas
1. Chris Etzebeth - VW Golf;
2. Werner Heunis - VW Golf;
3. Ivan Pitol -VW Golf
1660-Klas
1. JP du Plessis - Nissan EXA;
2. Juan van Rensburg - VW Polo:
3. André Fouché VW Polo
2.1-Klas
1. Burger van der Westhuizen - Opel Corsa;
2. Christopher Burisch - Opel Corsa;
3.Alistair Simpson -Opel Corsa
Hitsmotorklas
1. Tyron Els - Ford Fiesta;
2. Raniel Koegelenberg - Ford Fiesta;
3. Leon Fouché -Renault Clio
Heavy Metal-klas
1. William Steyn - BMW;
2. Corné Oosthuizen - BMW;
3. Juan van der Merwe - VW GOLF VR6
Gemodifiseerde V8-Klas
1. Bennie Greyling - Chev Flexi;
2. Johan Kuyler -Lexus Flexi;
3. Lodewyk Lotz Chev Flexi
ALGEHELE UITSLAE:
Ontwikkelingsklas
1. Chris Etzebeth - VW Golf;
2. Werner Heunis - VW Golf;
3. Ivan Pitol -VW Golf
1660-Klas
1. Juan van Rensburg - VW Polo;
2. JP du Plessis - Nissan EXA;
3. Corné Greeff - Ford Escort
2.1-Klas
1. Christopher Burisch - Opel Corsa;
2. Burger van der Westhuizen - Opel Corsa;
3. Alistair Simpson -Opel Corsa
Hitsmotorklas
1. Tyron Els -Ford Fiesta;
2. Shaun Potgieter -VW Scirocco;
3. Raniel Koegelenberg - Ford Fiesta
Heavy Metal-klas
1. William Steyn - BMW;
2. Anton Pretorius - Ford Sierra;
3. Corné Oosthuizen - BMW
Gemodifiseerde V8-Klas
1. Lodewyk Lotz - Chev Flexi;
2. Johan Kuyler Lexus Flexi;
3. Bennie Greyling - Chev Flexi
Bes voorbereide motors:
• Ontwikkelingsklas - David Jones Jr VW Golf;
• 1660-Klas - Juan van Rensburg VW Polo;
• 2.1-Klas - Alistair Simpson Opel Corsa;
• Hitsmotorklas - Shaun Potgieter VW Scirocco;
• Heavy Metal-klas - William Steyn BMW;
• V8-Klas Johan Kuyler Lexus Flexi.
Renjaer van die reeks: Tyron Els - Ford Fiesta
Breek van die reeks: Shaun Potgieter - VW Scirocco
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'