MOTORNUUS - Baie mense loop elke dag in Riversdal in strate wat na verskeie bekende persone vernoem is, maar min weet na wié hulle vernoem is!
Hulle was elkeen 'n baie belangrike deel van die geskiedenis van ons dorp.
- Cummings - Hendriksstraat, vernoem na mnr. L. Hendriks, wat 'n vooraanstaande figuur in die bruin gemeenskap was;
- Commandant - Mulderstraat, vernoem na Hillegert Mulder, eienaar van Seekoegat (gebore 1747, oorlede 1818). Hy was die beroemde leier van die eerste ekspedisie om die skip, die Grosvenor wat gestrand het, se mense wat aan land gekom het, te vind;
- Hout - Belsonstraat, vernoem na eerw. WE Belson, die eerste leraar van St. Matthew's kerk van 1854 tot 1857;
- Keerom - Langenhovenstraat, vernoem na CJ Langenhoven, Afrikaanse skrywer van onder andere die land se vorige volkslied. Hy het op Riversdal gematrikuleer;
- Roberts - Petersenstraat, vernoem na Christian C Petersen (gebore 1848, oorlede 1922), 'n bakker en leier in die bruin gemeenskap. Hy was die laaste bruin lid van die NG Kerk en is ook daaruit begrawe;
- Hill - Olieslagerstraat, vernoem na Hendrik Olieslager (gebore 1876, oorlede 1937), wat ook 'n vooraanstaande figuur in die bruin gemeenskap was.
Hy was vir baie jare die poskarweier na Ladismith en Wydersrivier.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'