MOSSELBAAI NUUS - Lede van Mosselbaai se fietsrygemeenskap het onlangs die Bayethe fietsry-akademie in Mosselbaai ondersteun deur fietsrybenodighede in te samel en aan die akademie te skenk.
Fietsryers het valhelms, skoene en fietsry uitrustings in verskillende groottes ingesamel en die skenkings is by Monties Fietse in Marshstraat aan lede van die akademie oorhandig.
Die Bayethe fietsry-akademie is besig met verskeie inisiatiewe in die Mosselbaai-omgewing om fietsry onder die jongmense te bevorder.
Lede van die Bayethe fietsry-akademie kom weekliks bymekaar en leer die jongklomp hoe om korrek fiets te ry, padreëls te gehoorsaam en padveiligheid te bevorder.
Veral jong meisies en vroue word aangemoedig om by die akademie aan te sluit.
Hulp nog nodig
Enige skenkings aan die Bayethe fietsry-akademie is welkom. Kontak Jofred Prins (078 8304 791), Reggie Gebuza (078 146 2582) of vir William Bennett (078 350 4802). Skenkings kan ook by Monties Fietse in Marshstraat afgelewer word.
Die Bayethe fietsry-akademie benodig veral ou fietsryklere, valhelms, skoene en handskoene.
Op hul beurt skenk hulle dit aan ‘n kind of lid van die klub. Ongebruikte fietse, groot of klein word benodig. Dit word in veilige bewaring hou deur die akademie en slegs vir lesse of fietsrysessies aan lede voorsien. Enige fietsparte om stukkende fietse te herstel, kan ook geskenk word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'