Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaaiers van die Suidkus 4x4'ers het die afgelope Sondag uit Mosselbaai weggetrek en die agterpaaie skuins verby Friemersheim aangedurf en toe langs Jonkersberg afgery om die George 4x4'ers langs die Saasveld pad te ontmoet.
Die sewe passe is toe om die beurt voltooi net om die voertuie so 'n stoflagie te gee voor hulle Paradise 4x4 gepak het.
FOTOGALERY: Mosselbaai 4x4'ers het weggetrek uit Mosselbaai
'n Totaal van 15 voertuie, groot en klein, het bymekaar gekom om dié roete die stryd aan te sê. Die eerste uitdaging het net na die Desert Dog gekom toe die eerste Toyota gesukkel het met die klim.
Die Toyota was skaars weer danksy die hulp van mannekrag weer op koers, toe gaan sit die Ford in van die gate vas.
Sias Karsten het sy Nissan Patrol ingespan om die bult plat en die spore weer mooi te maak en kon sodoende vir Johan Human met sy Ford die bult uittrek.
Die Jimny's het vir hulself 'n groter aanloop gegee en is die bult gemaklik met spoed uit.
Die volgende groot uitdaging was met die Fugly. Dié uitdaging toets die bestuurders behoorlik. Met 'n sterk aanloop wag 'n ongemaklike draai, wat jou spoed grootliks belemmer.
Bestuurders moet dus weet hoe om die draai te hanteer om bo uit te kom. Jan Hoffman het eers probeer om die uitdaging met sy Jeep in trurat te probeer oorwin.
Dit het egter nie lekker uitgewerk nie, maar toe hy oorskakel na 2x4, was daar geen probleme nie.
Die groep het lekker saam gekuier en van die nuwelinge is behoorlik deur die 4x4-gogga gebyt. Suidkus 4x4 nooi alle belangstellendes om saam te kom ry. Suidkus 4x4 roem homself daarop dat hulp altyd beskikbaar is. Kontak gerus vir Sias (083 300 1063) of Arthur Reyneke (064 524 8307) vir enige navrae.
VIDEO - 4x4 pret in die duine
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’