Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Daar was onlangs groot opgewondenheid by die ZJ Hulpsentrum in Aalwyndal, Mosselbaai, toe Anika Buitendach gehoor het dat sy haar NSS kwalifikasie (matriek) deur SACAI verkry het.
Anika het in 2019 by die skool aangesluit en met baie harde, gedetermineerde werk en die hulp van hoërskool onderwyser, Yolandi Delport, dié mylpaal bereik.
Anika beplan om as 'n spesiale-effek grimeerkunstenaar te kwalifiseer en in die filmbedryf te werk.
VIDEO - Anika Buitendach van Mosselbaai en Yolandi Delport
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'