Update
MOSSELBAAI NUUS - Dit is reeds tien dae sedert die 9-jarige Yaleen Maré by haar skool in Hartenbos opgetel is en saam met haar pa, Jacob (34), verdwyn het.
Intussen volg die polisie alle moontlike leidrade op om uit te vind waar Jacob en Yaleen is.
Maré woon in Namibië en het ongeveer twee jaar gelede van Yaleen se ma, Phia-Mari (28), geskei.
Phia-Mari het haarself ongeveer ‘n jaar gelede met Yaleen en haar twee jonger boeties op Mosselbaai gevestig.
‘n Hooggeregshofbevel is intussen op Maré bedien om Yaleen aan haar ma terug te besorg.
Indien hy hom in Namibië bevind, sal die Internasionale Polisiëringsorganisasie (Interpol) betrokke raak omdat dit buite die Suid-Afrikaanse polisiediens se jurisduksie is.
Phia-Mari was onbewus daarvan dat Yaleen ná haar sportoefening deur haar pa gehaal was. Sy is ook nie vooraf daarvan in kennis gestel nie.
Sy het aan Maroela Media gesê sy het gery om Yaleen by die skool te gaan haal. Yaleen se tennisjuffrou het haar egter ingelig dat hul dogter reeds deur die pa gehaal is.
Vorige artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’