TUINROETE | KAROO NUUS - Loslitdag, die nasionale raad vir persone met gestremdhede se jaarlikse bewusmakings- en fondsinsamelingsprojek word vanjaar op Vrydag, 3 September gevier.
Vanjaar se tema is ‘Durf en Deernis’.
Om die projek te steun, kan die gemeenskap 'n plakker vir slegs R20 aankoop, wat ook jou lisensie is om volgens die tema aan te trek om sodoende steun te toon vir die volle insluiting en steun aan persone met gestremdhede.
Enige navrae kan per epos gerig word aan wacd@mweb.co.za of skakel 028 713 3626.
Deelnemers aan hierdie spesiale dag word gevra om Covid-19-protokolle te volg.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'