MOSSELBAAI NUUS - Na vele versoeke wat klaarblyklik op dowe ore geval het, het die inwoners van Wyk 8 verlede naweek besluit dat hulle self van onooglike rommel in die spoorreserwe ontslae gaan raak.
Die inwoners het Saterdag, 11 Junie gewapen met vullissakke in die Santos/De Bakke-omgewing opgedaag en rommel opgetel.
Die burgemeester, raadsheer Dirk Kotzé het ook 'n draai gaan maak.
Die groep inwoners was onder leiding van die wykstaadslid, Lodewyk Coetzee en het bewys dat vele hande, ligte werk maak, soos die spreekwoord lui.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'