MOSSELBAAI NUUS - Lekker reën en hael het vandag Maandag, 4 Maart, oor die Mosselbaai-streek geval en hier en daar is geringe skade aangemeld.
Sosiale media het ná verskeie haelstorms in die omgewing begin gons met video’s en foto’s so wyd soos Ruiterbos.
Donderweer, wat taamlik skaars aan ons kuslyn is, is ook elke nou en dan gehoor.
Groot haelkorrels is op sommige plekke opgemerk.
Vir môre voorspel die Suid-Afrikaanse Weerburo egter ‘n 80% kans op reën in die omgewing met ‘n humiditeit van 80%. Die verwagte reënval is 15mm. Die temperatuur gaan wissel tussen 16° tot 21°. Die wind bereik 28km/h en sal wes-suid-wes waai.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’