MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai-munisipaliteit is verbind tot die The Great Escape to Mossel Bay-inisiatief deur Mosselbaai Toerisme om besoeke aan die dorp en distrik te bevorder en die ondersteuning van plaaslike ondernemings aan te moedig, veral aangesien ontspanningsreise nasionaal en internasionaal heropen het.
Die uitvoerende bestuur van die munisipaliteit moedig alle Mosselbaaiers aan om ware ambassadeurs van die dorp en omgewing te wees.
Mosselbaai is waarskynlik een van die mees bekroonde dorpe in Suid-Afrika en boonop bekroon as beste munisipaliteit in die land.
Die uitdaging is om Mosselbaai as die avontuurmekka van Suid-Afrika te vestig. Daarom is die fokus op die uitbou daarvan dat die omgewing uitstaande kenmerk-avonture bied, soos die langste zipline oor die oseaan by die Punt, 'n verskeidnheid wildsparke, wynlandgoedere, asook oseaan-aktiwiteite soos diepsee-hengel, haaihokduik en natuurlik die ongerepte strande.
The Great Escape to Mossel Bay, wat besoekers en nasionale toeriste aanspoor om Mosselbaai te besoek, moedig inwoners en besoekers aan om plaaslike ondernemings te ondersteun, nie net finansieel nie, maar ook deur ons Mosselbaai-handelsmerk te bevorder waar moontlik.
As inwoners meer betrokke wil raak, kontak Aneli Gerber van Mosselbaai Toerisme (044 691-2202 of info@visitmosselbay.co.za).
Die direkteure en munisipale bestuurder, adv Thys Giliomee (in motor) nooi inwoners om ware ambassadeurs te word wat toerisme na Mosselbaai sal motiveer.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'