MOSSELBAAI NUUS - Die Mossel Bay Advertiser ondersteun die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Woord van die Week-inisiatief. Om 'n woord te borg, besoek www.wat.co.za
Rompslomp - selfstandige naamwoord. Omslagtige, vermoeiende prosedure of werk wat deur 'n vervelende roetine gekenmerk word en met oordrewe amptelike formaliteite of die noulettende navolging van reëls en regulasies gepaardgaan:
Frustrerende, geweldige, onnodige, oormatige, tydrowende, vertragende rompslomp. Ons bied jou ... 'n ten volle gerekenariseerde stelsel wat prosedures kortknip en rompslomp vasvat (Finansies & Tegniek, 18 Maart 1988, 62). Australië sal amptelike rompslomp in groot mate uitskakel en formaliteite vergemaklik vir die ... deelnemers ... wat die Olimpiese Spele sal bywoon (Die Burger, 31 Augusts 1956, 6).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'