GROOT BRAKRIVIER NUUS - Ashley le Roux en Mymie Oosthuizen was die wenners van onderskeidelik die mans- en vrouekompetisie tydens die jaarlikse Winter Classic-gholfkompetisie van die Dolphin's Creek-gholfklub op Groot Brak.
Le Roux se wentelling was 91 net met Oosthuizen wat met 'n telling van 101 net aangeteken het.
Die naaswenner was Lourens Janse van Niewenhuizen met 'n telling van 102 net terwyl Gerrie Bezuidenhout die derde plek ingeneem het met sy telling op 102 net.
Verlede Vrydag se weeklikse HOA Sundowner-kompetisie is deur Jan Labushagne (18 punte) gewen met Ray Saul (18 punte) die naaswenner en Johan Hamman (17 punte) in die derde plek. Al drie is oud-onderwysers.
Woensdag,14 Augustus se IPS-kompetisie is deur Johan Nel gewen met Niel Theron tweede, Joan Sladden derde en Louis Adams vierde. Toelie Fourie het die gelukstrekking ('n bottel wyn geborg deur Groot-Brakrivier Pick 'n Pay) gewen.
'Ons bring jou die nuutste Groot Brakrivier, Tuinroete nuus'