Breaking News
NASIONALE NUUS - Oudmediaman en onderwyser, Willem Breytenbach, wat in 2019 op Hartenbos in hegtenis geneem is op aanklagte wat verband hou met die seksuele aanranding van skoolseuns, het vandag in die streekhof in Kaapstad skuldig gepleit.
Breytenbach het skuldig gepleit op sewe aanklagte van onsedelike aanranding en drie aanklagte van seksuele aanranding.
Breytenbach is tydens ‘n vorige hofverskyning op borgtog van R50 000 vrygelaat.
Hy is destyds by sy sielkundige se praktyk in hegtenis geneem terwyl hy die Tuinroete besoek het om vir sy ma te kuier.
Die beweerde voorvalle het glo tussen 1989 en 1994 gebeur.
Dit het op die lappe gekom nadat ‘n kopieskrywer, Deon Wiggett ‘n potgooi episode uitgesaai het waartydens hy onthul het hoe Breytenbach hom na bewering verkrag en seksueel aangerand het in die 1990’s.
Breytenbach is ‘n voormalige joernalis van Media24.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’