MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai-munisipaliteit se verkeersdiens en wetstoepassers het ‘n bedrywige naweek gehad om seker te maak dat inwoners gedissiplineerd en binne die wetlike raamwerk bly.
Op Saterdag, 27 Augustus is dronkbestuurders deur lede van munisipale en provinsiale verkeersdienste by die verkeerskruising van Essenhoutstraat en Louis Fourieweg voor stok gekry.
In die onlangse verlede het verskeie motorvoertuigbotsings by hierdie kruising plaasgevind. In totaal is vier dronkbestuurders in hegtenis geneem en hulle sal vandeesweek voor die hof verskyn.
Voorts is roetinepatrollies by brandpunte soos kuierplekke en strande gedoen. Verskeie klagtes waar ‘n geraasoorlas aangemeld is, is bygewoon en heemloses is uit openbare ruimtes verwyder.
Motorvoertuigongelukke is gerapporteer, maar geen ernstige beserings of noodlottighede nie.
Op Saterdag, 27 Augustus is dronkbestuurders deur lede van munisipale en provinsiale verkeersdienste by die verkeerskruising van Essenhoutstraat en Louis Fourieweg voor stok gekry.
Op Saterdag, 27 Augustus is dronkbestuurders deur lede van munisipale en provinsiale verkeersdienste by die verkeerskruising van Essenhoutstraat en Louis Fourieweg voor stok gekry.
Wetstoepassers het roetinepatrollies by brandpunte soos kuierplekke en strande gedoen.
Op Saterdag, 27 Augustus is dronkbestuurders deur lede van munisipale en provinsiale verkeersdienste by die verkeerskruising van Essenhoutstraat en Louis Fourieweg voor stok gekry.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'