Video
RIVERSDAL NUUS - Jong netbalspelers van oor die Wes-Kaap het van Woensdag af saamgetrek vir die jaarlikse Wes-Kaapse skole netbal-interdistriktoernooi wat van 17 tot 19 Julie by Hoërskool Langenhoven in Riversdal plaasvind.
Die toernooi gaan vanjaar meer as 150 wedstryde oor drie dae op sewe netbalbane lewer, met deelname uit sewe distrikte: Eden, Overberg, Weskus, Kaapse Wynland, Sentraal-Karoo, Doves en Disas.
Spelers van o. 11 tot o. 18 gaan hulle beste netbaltegnieke wys en sake uitspook vir ereplekke en trofeë in hul ouderdomsgroepe.
Wat hierdie toernooi besonders maak, is dat dit spesifiek gemik is op spelers wat nie vir die Wes-Kaapse span en die nasionale kampioenskappe gekies is nie.
Video: Servaas de Kok
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’