MOSSELBAAI NUUS - 'n Werkswinkel en versorgingsentrum waar persone met gestremdhede handvaardighede leer en versorg word, bied nuwe hoop.
Só sê Susan Boshoff van ACVV Kenani.
Die werkswinkel word deur die ACVV Kenani bedryf en vind Maandae tot Vrydae plaas.
Die leergierige besoekers word geleer hoe om te brei. Hulle maak serpe, mussies en komberse. So ook word daar ABET-skoolklasse aangebied.
Volgens Susan het hulle nog plek vir vier leerders bo die ouderdom van 18.
"Ons nooi u om ons te skakel vir 'n onderhoud. Kom loer gerus wat hierdie leerders vermag en elke dag met nuwe moed aanpak." Kontak Susan vir meer inligting (044 690 3794).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'