GROOT-BRAKRIVIER NUUS - 'n Werknemer van Suiderkruis Sekuriteit op Groot-Brakrivier het positief getoets vir Covid-19 nadat sy reeds in selfisolasie was.
Gerhard Liebenberg, regsverteenwoordiger van die sekuriteitsfirma sê die werknemer se man het eerste positief getoets vir die virus, waarna sy haar werkgewer ingelig het.
Die werknemer is onmiddellik in selfisolasie geplaas en die kantoor is gedisinfekteer.
Intussen het die werknemer ook positief vir die virus getoets.
Die Department van Arbeid het vandag die perseel besoek en is tevrede met die stappe wat deur die sekuriteitsfirma geneem is.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'