MOSSELBAAI NUUS - Op 19 September het die Da Gamaskop-polisie deelgeneem aan 'n uitstalling by die Gondwana privaat wildreservaat ter viering van Wêreldrenosterdag.
Hierdie dag is vanjaar vir die negende keer wêreldwyd op 22 September gedenk.
Tydens die uitstalling is bewusmaking teen renosterstroping gedoen.
Lede van die Langeberg K9 honde-eenheid het ook aan die uitstalling deelgeneem. Sowat 300 leerders van plaaslike skole het die uitstalling bygewoon.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'