MOSSELBAAI NUUS - Meer as 45 bote het aan die 2024 Kabeljou-derby deel te neem.
Ongeveer 200 mense het vir die kompetisie ingeskryf, elkeen met die hoop om die grootse Kabeljou van die dag te vang.
Skipper Foundation het die geleentheid georganiseer en deelnemers het tot 17:00 op Woensdag, 18 Desembe gehad om hul visstokke in die water te gooi.
Alhoewel 'n verskeidenheid ander visse ook gevang is, is slegs Kabeljou-visse geweeg.
Die swaarste vis van die dag het 19.1kg geweeg, gevang deur Magiel van Vuuren.
Die tweede plek het aan Madelein du Preez gegaan, met 'n vis van 18.7kg. In die derde plek, was Johan Janse van Vuuren met 'n vis van 16.1kg.
Net Kabeljou vis word geweeg. Foto: Gabriélla Siebritz
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’