Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Eden Photographic Society (EPS) se maandelikse byeenkoms het op 10 September in die Diaz Hotel plaasgevind.
Daar is sewe kategorieë vir foto-inskrywings, naamlik: menslike portrette, landskappe, natuur (voëls), fotojoernalistiek, ope-afdeling, visuele kuns en 'n voorgeskrewe onderwerp. September se voorgeskrewe onderwerp was Windows.
Wenners
Die algehele wenfoto’s vir September is:
- Senior wenner: Johan Steyn se Perfect Twins (ope-afdeling).
- Senior naaswenner: Elizabeth Nicholson se For Starters Tuna (ope-afdeling).
- Junior wenner: Liana Hoffman se Going for the try (fotojoernalistiek).
Alle belangstellendes en fotografie-entoesiaste is welkom om by die klub aan te sluit. Vir enige navrae oor die klub kan Johan van Aarde (084 760 0602) of Michael van Schalkwyk (082 953 7671) gekontak word.
Lesers kan ook EPS se Facebookblad besoek - Eden Photographic Society.
FOTOGALERY: Eden Photographic Society se wenners in September
Elizabeth Nicholson se For Starters Tuna (ope-afdeling) is September se naaswenner in die senior kategorie.
Liana Hoffman se Going for the try (fotojoernalistiek) is September se junior wenner.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’