Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Eden Photographic Society (EPS) se maandelikse byeenkoms het op 12 Maart in die Diaz Hotel plaasgevind.
Daar is sewe kategorieë vir foto-inskrywings, naamlik: menslike portrette, landskappe, natuur (voëls), fotojoernalistiek, ope-afdeling, visuele kuns en 'n voorgeskrewe onderwerp (water).
Wenners
Die algehele wenfoto’s vir Maart is:
- Senior: Johan van Aarde se Matchstick Bromeliad (ope-afdeling).
- Senior naaswenners: Johan Steyn se Vasklou my kind (natuur) en Gerda Fouché se Brek-vis (ope-afdeling).
- Junior: Marinda Coetzee se Focused (fotojoernalistiek).
- Junior naaswenner: Job Ubbink se The beggar (fotojoernalistiek).
Meriete toekenning
Marinda Coetzee se Focused en Job Ubbink se The beggar.
EPS sterstatus bevordering:
Hartlik geluk aan Pierre Jordaan wat na Meester Platinum status bevorder word en Lorinda Claassens wat na 1 Ster bevorder word. Welgedaan!
Alle belangstellendes en fotografie-entoesiaste is welkom om by die klub aan te sluit. Vir enige navrae oor die klub kan Johan van Aarde (084 760 0602) of Michael van Schalkwyk (082 953 7671) gekontak word.
Lesers kan ook EPS se Facebookblad besoek - Eden Photographic Society.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’