MOSSEL BAY NUUS - Eden Photographic Society (EPS) se maandelikse byeenkoms het op 11 Junie in die Diaz Hotel plaasgevind.
Daar is sewe kategorieë vir foto-inskrywings, naamlik: menslike portrette, landskappe, natuur (voëls), fotojoernalistiek, ope-afdeling, visuele kuns en 'n voorgeskrewe onderwerp Tabletop by candle light.
Wenners
Die algehele wenfoto's vir Junie is:
- Senior wenner: Carien Kruger se Antiques (voorgeskrewe onderwerp).
- Junior wenner: Marianna Erasmus se Coming in for landing (natuur).
EPS sterstatus bevordering:
Baie geluk aan Elizabeth Nicholson wat bevorder word na Meester Brons sterstatus en Elna Monti wat na 3-sterstatus bevorder word. Welgedaan julle!
Alle belangstellendes en fotografie-entoesiaste is welkom om by die klub aan te sluit. Vir enige navrae oor die klub kan Johan van Aarde (084 760 0602) of Michael van Schalkwyk (082 953 7671) gekontak word.
Lesers kan ook EPS se Facebookblad besoek - Eden Photographic Society.
Carien Kruger se Antiques (voorgeskrewe onderwerp) is die wenner in die Senior-afdeling.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’