Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Eden Photographic Society (EPS) se maandelikse byeenkoms het op 13 Februarie in die Diaz Hotel plaasgevind.
Daar is sewe kategorieë vir foto-inskrywings, naamlik: menslike portrette, landskappe, natuur (voëls), fotojoernalistiek, ope-afdeling, visuele kuns en 'n voorgeskrewe onderwerp (teksture).
FOTOGALERY: EPS se wenfoto's vir Februarie
Wenners
Die algehele wenfoto’s vir Februarie is:
- Senior: Gerda Fouche se Playful Pied Kingfisher (natuur).
- Junior: Liana Hoffman se Messy game (fotojoernalistiek).
Meriete toekenning
Gerda Fouche se Playful Pied Kingfisher (natuur).
EPS sterstatus bevordering:
Hartlik geluk aan Johan Enslin wat bevorder is na Meester Silwer. Dis uitstekend!
Alle belangstellendes en fotografie-entoesiaste is welkom om by die klub aan te sluit. Vir enige navrae oor die klub kan Johan van Aarde (084 760 0602) of Michael van Schalkwyk (082 953 7671) gekontak word.
Lesers kan ook EPS se Facebookblad besoek - Eden Photographic Society.
Liana Hoffman se Messy game
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’