MOSSELBAAI NUUS - Mariska Visagie se poging is aangewys as die wenfoto van die maand tydens die maandelikse byeenkoms van die Rauch Gertenbach-fotogalery.
Mariska was op besoek in Port Elizabeth en moes tot na middernag wag om te verseker dat daar geen voetgangers op hierdie dok by Summerstrand was, voor sy die foto kon neem.
Dit is duidelik dat die wag die moeite werd was.
Rauch Gertenbach bederf alle Mosselbaai-fotograwe deur hierdie besondere galery-aande maandeliks aan te bied op elke derde Donderdag van die maand, om 18:00.
Besoekers geïnteresseerd in fotografie, word genooi om dit by te woon. Vir navrae skakel Gerda Claassen (044 601 9900).
'Ons bring jou die nuutse Mosselbaai, Tuinroete nuus'