Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die woordvoerder van die Groot-Brakrivier polisie, sersant Lauriane Botha, het 'n beroep op inwoners van Groot Brak en veral dele langs die kusgebiede gedoen om seker maak dat hul deure gesluit, die vensters toe en dat hulle veilig is voor hulle in die bed gaan klim.
Sy sê dat huisbrake aan die toeneem is aan die kus. "Wees veilig, wees op die uitkyk watter voertuie in die area rondry. Kyk ook watter mense in die area rondloop."
Met huisbrake word vensters uitgehaal of toegang verkry deur die garagedeure wat direk aan die huis verbind is. Rapporteer onmiddellik enige vreemde optrede of vreemde mense in jou omgewing, wat verdag voorkom aan die Groot-Brakrivier polisiestasie op 044 620 8304/5.
Video - Sersant Lauriane Botha, van die GB-polisie vra die publiek om paraat te wees teen huisinbrake.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’