MOSSELBAAI NUUS - Sedert die ontstaan van die Bayview-buurtwag het die misdaadinsidente van gemiddeld 68 per maand na een per maand verminder.
Die buurtwag vervul ook ander funkisies soos om te help soek na verlore persone en ook om ander buurtwagte te ondersteun.
Tydens die brande wat vanjaar kort-kort voorgekom het, het die buurtwag ook 'n belangrike rol as deel van die taakspan gevorm wat kon help met brandbestryding.
Met misdaad wat geweldig toeneem in Suid-Afrika, is dit van kardinale belang vir almal om betrokke te raak by organisasies.
Met die Kersseisoen voor hande, maak misdadigers gebruik van die geleentheid om die rustigheid en nalatigheid van vakansiegangers tot hulle voordeel te benut.
Die Bayview-buurtwag wil 'n baie ernstige beroep op die inwoners van Mosselbaai doen om betrokke te raak by inistiatiewe in hulle woonbuurte.
Hoe meer ore en oë betrokke is, hoe effektiewer kan misdaad bestry word.
Indien daar enige navrae is, kontak Pieter (082 491 3163).
All Bayview-inwoners word uitgenooi na die volgende buurtwagvergadering op Donderdag, 30 November by Con Viviersstraat 4, oorkant die ou Bayview-kafee, tans 'n haarsalon om 18:00 tot 19:00.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'