MOSSELBAAI NUUS - Met ‘n koue front wat gisteraand die Kaap getref het en tans in die sentrale dele van die land deurbeweeg, het Mosselbaaiers vanmiddag Saterdag, 29 Julie, windspoed ervaar van ongeveer 68km/h en rukwinde tot so hoog as 89km/h.
Die Mosselbaai munisipaliteit se verkeer het opgetree na verskeie beskadigde verkeerstekens, verkeersligte en van die geel hindernisse in Louis Fourieweg geskuif en beskadig is deur die sterk wind.
Verskeie van die landelike paaie is ook onbegaanbaar en volgens Henry Meyer van die Haelkraal-omgewing gaan daar die volgende paar weke groot vragmotors wat sitrus vervoer die pad gebruik en inwoners moet versigtig ry.
Inwoners word gewaarsku dat die toestand gaan voortduur deur die aand, Die Suid-Afrikaanse weerburo voorspel na verwagting nog ongeveer 60% reën teen Sondag, 30 Julie, met nog sterk winde.
Die publiek word ook gevra indien hul skade gely het tydens die afgelope stormwinde om foto’s aan die Mossel Bay Advertiser aan te stuur. Jannie@groupeditors.co.za
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’