MOSSELBAAI NUUS - April is Outismebewusmakingsmaand.
Met dié maand byna in die truspieëltjie gesels Mossel Bay Advertiser met vier plaaslike ma's oor hulle persoonlike ervarings as ouers van kinders met outisme - van die proses om 'n diagnose te kry, die effek van daardie diagnose op hul gesin, hoe die buitewêreld hul kinders hanteer en wat hulle graag sal wil sien in terme van die verstaan en verdraagsaamheid van outisme in Mosselbaai.
Wees op die uitkyk vir hierdie mammas en kinders se verhale:
• Marilize Swart en haar seuntjie, Elijah (9)
• Christine Jordaan en haar dogtertjie, Michelle (5)
• Marlene van Niekerk en haar seun, Marco (21)
• Donnagene Fourie en haar seun, DB (14).
Hulle vorm ook deel van 'n bewusmakingsreeks wat Radio33 in Pretoria geloods het.
Die Swarts en Jordaans gesels op 27 April. Daarna is dit die Van Niekerks op 4 Mei en die Fouries op 11 Mei.
* Hierdie artikel is aangepas om die Van Niekerks se datum as 4 Mei eerder as 7 Mei weer te gee.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’