"Die gedeelte onder beheer van die Munisipaliteit begin daarna eers weer van die oostelike grens van die Pinnacle Point-gholflandgoed, en die Munisipaliteit is tans besig om instandhouding daar te doen. Benewens die munisipale eiendomme, loop die wandelpad loop oor altesame drie private eiendomme.
"Die entrepreneurs wat vir die Munisipa-liteit werk, maak gereeld die dromme skoon, maar dit gebeur ongelukkig oor naweke dat die dromme oorvol word. Die Munisipaliteit sal egter reël dat nog dromme daar geplaas word.
"Die Munisipaliteit is bewus van een geval waar riool oor 'n gedeelte van die pad geloop het.
"Die bord by die aanvang van die wandelpad waarop gesê word dat die Munisipaliteit die verantwoordelike gesag ten opsigte van die wandelpad is, is foutief in die sin dat dit sê die Munisipaliteit is die gesag vir die hele wandelpad. Dit is nie 'n munisipale bord nie, en is nie deur die Munisipaliteit opgerig nie.
"Die Munisipaliteit onderneem om vroeg in die nuwe jaar met die ander grondeienaars te skakel ten einde die situasie aan te spreek."