MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai se waarnemende burgemeester, raadslid Dirk Kotzè het sy dank uitgespreek teenoor alle nooddienswerkers wat aanvanklik met die soektog, en uiteindelik die reddingspoging, van 'n 14-jarige meisie in Aalwyndal behulpsaam was.
Die soektog na die meisie, wat vanoggend vanaf die perseel van 'n opvoedkundige instansie vermis geraak het, het in 'n multi-dissiplinêre reddingspoging verander toe 'n wetstoepasser van Mosselbaai-munisipaliteit haar in 'n onherbergsame kloof in Aalwyndal opgespoor het.
"My opregte dank aan almal wat by die operasie betrokke is - uniformlede en vrywilligers van die gemeenskapspolisiëringsforum en die onderskeie buurtwagte.
Dankie ook aan mnr Claudio Violante, wat die soektog gelei het, en die portfolio-voorsitter van gemeenskapsveiligheid, raadslid Anton Dellemijn wat van meet af aan betrokke was by die operasie.
Soos gewoonlik is die onderskeie dissiplines van ons nooddienste, hetsy polisie, beamptes van Mosselbaai se brand en rampbestuursdienste en munisipale wetstoepassers uiters professioneel en flink in die uitvoering van hul taak. Ek deel graag my en die Raad se dank met een en elk wat betrokke is," sê raadslid Kotzè.
Die reddingsoperasie duur voort.
Lees 'n vorige artike hier: Jong meisie gevind
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'