MOSSELBAAI NUUS - Vir branderplankryers daar buite, bied Mosselbaai uitstekende liggings vir diegene wat 'n golf wil vang.
Die Punt en Diaz Strand word beide beskou as van die beste plekke vir branderplankry langs die Suid-Kaapse kuslyn. Die vakansietydperk is ideaal vir pret in die son en sand.
Die Punt is miskien die bekendste branderplank-bestemming op Mosselbaai en wat gevorderde branderplankryers lok.
Hulle word maklik tussen die rotse en branders opgemerk, terwyl hulle in die see in hul duikpakke ronddobber.
Maar wees versigtig - dié ligging is bekend vir sy kragtige en vinnige golwe, wat ook oor 'n rotsrif breek.
Die Punt bied ook asemrowende uitsigte en is 'n wonderlike plek om gesoute branderplankryers ook in aksie te sien.
Bring jul planke en jul duikpakke en duik in!
Innerpool is ‘n gewild onder branderplankryers. Foto: Gabriélla Siebritz
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’