MOSSELBAAI NUUS - Vyf mans wat net pangas gewapen was toe hulle by 'n inwoner se woning op KwaNonqaba ingebreek het en verskeie goedere gesteel het, is steeds op vrye voet.
Polisiewoordvoerder, Sersant Kappie Kapp sê die verdagtes het op Saterdag, 15 Augustus om 05:00 by die woning in Malusistraat ingestorm.
"Die huiseienaar is van selfone, 'n rekenaar en kontant beroof." Die verdagtes het daarna te voet gevlug. Kapp sê niemand is in die voorval beseer nie.
Die polisie doen 'n versoek op enige ooggetuies om hulle te kontak by 044 606 5609.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'