GROOT BRAKRIVIER NUUS - Vyf gewapende mans in klapmusse het gisteraand, 26 Augustus, by 'n woning op Wolwedans, Groot-Brakrivier ingestorm, aangedring op 'n vuurwapen en toe 'n 35-jarige man in die woning met 'n skerp voorwerp dood gesteek.
Polisiewoordvoerder, sers Lauriane Botha, sê die voorval het om ongeveer 21:00 in Daffodilsingel plaasgevind.
Botha sê 'n vrou wat ook in die woning was, is met 'n voorwapen oor die kop geslaan. Die verdagtes kon nie 'n vuurwapen kry nie en het van die toneel gevlug.
Die slagoffer is kort daarna op die toneel dood verklaar. Die omstandighede van die voorval word ondersoek.
Die oorledene se identiteit is nog nie bekend gemaak nie. Groot-Brakrivier-polisie ondersoek 'n saak van moord.
Enigeen met inligting kan die ondersoekbeampte, kst Fillies kontak (079 893 9943).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’