Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Vyf mans is vanoggend lig beseer toe die bestuurder van 'n Toyota-bakkie beheer oor die voertuig verloor het en op die rand van die N2-snelweg tot stilstand gekom het.
Die ongeluk het net voor die afrit na Klein-Brakrivier in die rigting van Mosselbaai plaasgevind.
Die bestuurder en sy passasier was voor in die bakkie en die drie werkers wat agter op die bakkie gesit het, is afgeslinger.
Nooddienste, asook provinsiale verkeersdienste is op die ongelukstoneel met opruimingswerk besig.
Kyk 'n video hieronder:
Die bestuurder het beheer verloor en op die rand van die N2-snelweg tot stilstand gekom.
Vyf mense is lig beseer in die ongeluk.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'