MOSSELBAAI NUUS - Liefhebbers van vinnige en superduur motors kan uitsien na ongeveer 26 Lamborghini's wat op 22 Augustus Mosselbaai sal besoek.
Projekleier Gys van Staden het verduidelik dat die groep deur die Suid-Kaap en Klein Karoo gaan toer en 'n aand by Pinnacle Point in Mosselbaai sal oorbly.
Daar sal egter ruim geleenheid wees vir entoesiaste om hulle te verkyk aan die glansvoertuie wanneer hulle op 'n massarit deur die dorp sal ry.
Loer gerus in Vrydag se uitgawe van die Mossel Bay Advertiser vir meer besonderhede oor die roete.
Gys van Staden verduidelik een van 'n paar konsepte aan die munisipale bestuurder, adv Thys Giliomee en ander senior munisipale personeel. Verteenwoordigers van Lamborghini SA het Mosselbaai op Maandag. 5 Augustus besoek om 'n besoek aan die dorp op 22 Augustus te finaliseer. Foto: Nickey le Roux
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'