MOSSELBAAI NUUS - Lede van die gemeenskap van Tarka en Uitbreiding 8 het Saterdag, 9 Junie ten spyte van die koue vrywillig opruimingswerk gedoen in die Albert Luthuli-woongebied.
Die groep tel vullis op wat wederregtelik gestort word, veral in die kloof op die rand van die uitbreiding.
Volgens Gert Christie (heel links), wat die projek lei, word vullis uit ander woongebiede ook hier gestort.
Die Eden-distriksmunisipaliteit en Mosselbaai-munisipaliteit ondersteun die groep deur vullissakke en ander toerusting te voorsien.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'