GROOT BRAK NUUS - Die fokus van Vrouemaandvieringe in die groter Mosselbaai, is die voorkoming van geslagsgebaseerde geweld teen vroue en die herstel van hul waardigheid.
Op Vrouedag, 9 Augustus, is 'n Driven with Passion-geleentheid by die Youth Café in Greenhaven op Groot-Brakrivier gehou.
Morgan Muller van die Politieke Akademie in Kaapstad, het as gasspreker opgetree en het as deel van 'n sosiale projek, besluit om op Vrouedag te fokus.
Hy beskryf dit as 'n wonderlike geleentheid waar hulle vroue wat swaarkry onder gesinsgeweld, tienerswangerskappe en alle jongmense, wil aanmoedig om uit te reik en vir hulp te vra.
Sersant Lauriane Botha, kommunikasiebeampte by die Groot-Brakriver-polisiestasie en een van die gemeenskap se "super vroue", vra tydens dié geleentheid dat vroue mekaar ondersteun.
Tientalle gemeenskapslede het die verrigtinge bygewoon. Onder die gaste was onderburge-meester, Cliffie Bayman en raadslid Donovan Claassen, wat ook 'n paar ander Vrouedaggeleenthede op die dag bygewoon het.
Raadslid Claassen het 'n beroep op die gemeenskap gedoen om geweld teen vroue aan te meld en alle vroue en kinders spesiaal te behandel.
Charmone Gertse, Anna Daniels, Lauriane Botha en Katriena Williams.
Belinda Ceazer en haar kleinkinders het die dag bygewoon.
Sersant Lauriane Botha, en haar ma Jackie Botha.
'Ons bring jou die nuutste Groot Brak, Tuinroete nuus'