MOSSELBAAI NUUS - Caring Heart Women, onder leiding van Laura Frans en die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe (GKS), het op Dinsdag, 31 Augustus Vrouemaand gepas afgesluit.
Laura Frans en haar span is reeds 'n dekade besig om behoeftiges op verskeie maniere te versorg deur middel van sopkombuise, 'n klerebank en kospakkieprojekte.
Zaida Swart van die GKS-eenheid het vroue daarop attent gemaak dat almal spesiaal en waardevol is, veral gemeet teen Psalm 139:14.
Errolene Prinsloo het die vroue toegespreek en haar pad van heling en vergifnis gedeel.
Die vroue teenwoordig is bederf met 'n gekookte maaltyd, geskenkpakkie en boonop het elk 'n nuwe Bybel ontvang.
"Wat die dag uitstaande maak, is dat van die vroue hul harte vir die Here gegee het. Hierdie besonderse dag sal my altyd bybly," sê Swart.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'