Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Vroue-motorfietsryers van Mosselbaai en George het Sondag, 23 Augustus by die De Bakke/Santos-parkeerterrein bymekaargekom en in 'n konvooi na die Punt in Mosselbaai vertrek vir 'n pretrit.
Uitgevat in pers of pienk het die vroue op hul motorfietse, wat baie mans jaloers sou maak, aangekom.
Aan leerbaadjies was daar geen tekort nie en die gebrul van motorfietsenjins het motoriste in reaksie op hulle toeters laat druk.
Volgens Liza van Dyk, organiseerder van die byeenkoms, het die aantal vroue wat opgedaag het haar verwagtinge oortref. "Mans gaan kuier in 'n kroeg, gaan vang vis, maar ons vroue word nie bederf nie. Dis hoekom ek gedink het dat ek ons motorfietsmeisies met 'n samekoms wil bederf."
'n Groep Mosselbaaise motorfietsryers het 07:00 die oggend na George vertrek om die vroue vandaar na Mosselbaai te vergesel.
"Al is dit Covid-19 en moeilike tye vir almal, het die gemeenskap hul harte oopgemaak vir die vroue en het hulle baie geskenkies ontvang wat tydens die byeenkoms uitgedeel is," sê Van Dyk.
Kyk 'n video hieronder:
Die vroue het sommer baie pret saam gehad. Foto: Jannie du Plessis
'n Paar van die vroue-motorfietsryers hier in 'n vrolike luim voor hul rit die Punt om Vrouemaand te vier.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'