MOSSELBAAI NUUS - Die vrou (51) wat in September verlede jaar beweer het sy is deur drie mans in polisiedrag verkrag, sal vandag, Vrydag 18 Januarie, in die George-landdroshof verskyn.
Ernstige beweringe van 'n groepsverkragting is deur die vrou by die polisie aangemeld.
Die verdagte het beweer vier mans, wat hulle glo as polisiemanne voorgedoen het, het haar deur die nag aangehou en verkrag nadat hulle haar omstreeks 19:00 afgetrek het.
Volgens haar was sy op die N2 onderweg vanaf Glentana. Sy is by haar huis in Blanco op aanklagte van bedrog, myneed en regsverydeling in hegtenis geneem.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'