MOSSELBAAI NUUS - Die Da Gamaskop-polisie ondersoek 'n saak van brandstigting en vier aanklagte van poging tot moord na afloop van 'n insident waartydens 'n informele struktuur afgebrand het.
Op 6 Augustus omstreeks 23:00 het 'n man, drie van sy vriende en 'n vrou by 'n perseel in Snoekstraat, Uitbreiding 13 gekuier. Die vrou (26) het op die mans geskel en hulle beskuldig dat hulle geraas maak.
Sy het hulle probeer wegjaag vanaf die perseel en gedreig dat sy die informele sturktuur sal afbrand.
Die struktuur het wel afgebrand en die eienaar daarvan het glo tydens die voorval beserings aan sy arm opgedoen. Ongeveer R5 000 se skade is berokken.
Die vrou is later in verband met die voorval in hegtenis geneem. Die vrou het reeds in die Mosselbaai-landdroshof verskyn en het borgtog ontvang.
Sy verskyn weer op 19 September in die hof.
Die saak word ondersoek deur ao A Stokes van die Da Gamaskop-polisie se speurafdeling.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'