TUINROETE NUUS - 'n Vrou van Beaufort-Wes is vanmiddag, 3 Januarie, dood in 'n botsing naby die Robinsonpas tussen Oudtshoorn en Mosselbaai. Sy was 'n passasier in 'n Nissan TIIDA wat buite beheer geraak het en reg van voor teen 'n aankomende Isuzu bakkie gebots het.
Die bestuurder van die Nissan, 'n bejaarde vrou, is beseer en per ambulans hospitaal toe geneem.
'n Karavaan wat aan die bakkie vas was het losgeruk en 'n ent van die botsing tot stilstand gekom.
Lees meer op ons susterskoerant, Oudtshoorn Courant
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'