MOSSELBAAI NUUS - Die polisie op Groot-Brakrivier ondersoek 'n saak van poging tot moord nadat 'n onbekende vrou op Sondag, 13 Januarie 'n 31-jarige inwoner van Greenhaven met 'n mes gesteek het. Die onbekende aanvaller het na die voorval van die toneel sy weggehardloop het.
Volgens polisiewoordvoerder, kst Laurianne Botha het die voorval om ongeveer 19:00 in 'n straat in die woongebied gebeur.
Dit slagoffer het die voorval oorleef en is na 'n hospitaal op Mosselbaai geneem vir mediese hulp.
Teen druktyd was die verdagte steeds op vrye voet.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'