GEORGE NUUS - 'n Vrou se liggaam het gister, Maandag 26 Junie, by die strand in die Glentana-omgewing, uitgespoel.
Die liggaam is reeds in 'n gevorderde stadium van ontbinding.
Volgens 'n Wes-Kaapse polisieskakelbeampte, sers. Wesley Twigg, is die lyk aan forensiese patologiedienste oorhandig.
"’n Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van dood en die identiteit te bepaal. Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek," sê hy.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’