Update
MOSSELBAAI NUUS - 'n Vrou is op Maandag, 14 Mei in Reebok Village Estate met 'n baksteen aangeval. Volgens die polisie was die vrou besig om werk in 'n vraghouer op die perseel te doen, toe 'n onbekende man haar nader.
Hoewel daar reeds woonhuise op die perseel is, word daar nog huise gebou en is die ontwikkeling tans in proses. Die verdagte het die slagoffer na bewering met die baksteen teen die wang geslaan waarna sy haar bewussyn verloor het.
Hy het die slagoffer se goueketting om haar nek, asook 'n silwerring aan haar vinger gesteel.
Die Groot-Brakrivier-polisie ondersoek 'n saak van roof.
Lees 'n vorige artikel: Vrou in Reebok met baksteen aangerand
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'