MOSSELBAAI NUUS - ‘n Een-en-twintigjare vrou het die KwaNonqaba-polisie op Mosselbaai geloof vir hulle vinnige optrede nadat sy vanoggend, op Woensdag, 22 Desember om 06:30 by die Louis Fourieweg-kruising naby die Casino-verkeerslig beroof is.
Die verdagtes het haar handsak en selfoon geroof.
Lede van Skof A van die KwaNonqaba-polisie het kort nadat die voorval aangemeld is die verdagtes in hegtenis geneem.
Die klaagster het hulle positief uitgeken en die verdagtes word by die Da Gamaskop-polisiestasie in hegtenis gehou.
Hulle sal binnekort in die Mosselbaai-landdroshof verskyn op ‘n aanklag van roof.
Die vrou het haar selfoon en handsak teruggekry.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'