MOSSELBAAI NUUSFLITS - ‘n Vrou van Mosselbaai verskyn môre in die Mosselbaai Streekshof in verband met die moord op haar eggenoot.
Die 62-jarige verdagte, Anna du Plessis word daarvan beskuldig dat sy op 7 Mei 2015 haar 49-jarige man, Martin du Plessis, in hul woning in Heiderand met ‘n .38 rewolwer doodgeskiet het.
Volgens die Mosselbaai polisiewoordvoerder, Pieter Koekemoer, is polisie op die nag van die moord, kort voor middernag na die egpaar se woning uitgeroep.
Koekemoer sê du Plessis is een keer in sy bors geskiet. Die egpaar was glo kort voor die moord in ‘n rusie betrokke.
Du Plessis is op die toneel dood verklaar.
Sy vrou, wat op borgtog vrygelaat is, sal na verwagting vandag pleit op die moordaanklag teen haar.