Breaking News
MOSSELBAAI NUUS - 'n 96-jarige Mosselbaaier is verpletter nadat sy haar trouring wat al 71 jaar aan haar vinger is en waaraan sy baie sentimentele waarde heg, verloor het.
Die ring bestaan uit een groot diamant en twee kleiner diamante.
Bessie Heyns vermoed sy het die ring op Donderdag, 14 Desember voor Dischem in Heiderand Mall verloor en dat dit van haar vinger af gegly het.
Sy en haar oorlede man sou in Februarie 2024 altesaam 72 jaar getroud wees.
Die voorval is by sentrumbestuur aangemeld en die vermoede bestaan dat iemand dalk die ring opgetel het. Enigeen wat die ring sien kan 082 452 3222 kontak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’