Update
GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Die polisie op Groot-Brakrivier het ‘n verdagte vir ondervraging ingeneem nadat ‘n 77-jarige vrou gister deur ‘n inbreker by haar huis op Glentana gewurg is.
Polisiewoordvoerder, sersant Chantel Marais sê die slagoffer en haar man was gistermiddag tuis toe die inbreker vermoedelik deur ‘n oopvenster toegang tot die huis verkry het.
Marais sê die slagoffer het die man in die huis betrap waarna hy haar op die vloer neergegooi het en met sy hande gewurg het.
Die slagoffer se man, wat in ‘n ander vertrek was, het die geraas hoor en die verdagte van sy vrou afgetrek waarna die verdagte weggehardloop het.
Hy is kort daarna in 'n beboste gebied op Glentana aangekeer.
Lees 'n vorige artikel: Vrou glo deur inbreker gewurg
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'